3 maande gelede
Lockdown vrae wat antwoorde kort
lockdown,coronavirus
Suid-Afrika sal vir 21-dae onder lockdown wees.  ~ Son Koerant

DIE 21-dae lockdown wat Maandagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is maak dat Suid-Afrikaners 'n aantal vrae vra, oor hul vryheid van beweing.

Talle van die vrae sal na verwagting Woensdagoggend deur die ministeriële-sekuriteits-groepering beantwoord word.

Ramaphosa het aangekondig die land gaan onder lockdown van middernag Donderdag in die geveg om die verspreiding van die corona-virus te keer.

Onder die vrae wat Suid-Afrikaners antwoorde voor soek is:

  • + Kan ek winkel toe loop?
  • + Kan ek vriende en familie gaan kuier?
  • + Hoe werk ouer-toesig waar ouers geskei of toesig oor kinders deel en sal een ouer die kinders kan gaan optel?
  • + Sal jy ouers of geliefdes in tehuise of hospitale kan besoek?
  • + Sal beweging beperk word tot in sekuriteitskomplekse?
  • + Wat maak jy as jy moes verhuis?
  • + Wat gebeur as jy by 'n nuwe plek moet begin werk en moes verhuis?
  • + Gaan vullisverwydering nog plaasvind?
  • + Sal jy net sekere tye winkel toe kan gaan en gaan dit een keer 'n week wees en gaan ek gesê word hoelank en mag shop?
  • + Sal daar begrafnisse kan plaasvind en hoe?
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters