3 maande gelede
Lockdown reëls onwettig, regering kry 2 weke om te fix
sa lockdown
Level 4 is die land steeds onder lockdown  ~ 

SUID-AFRIKA se vlak-4 en vlak-3 lockdown regulasies is "ongrondwetlik" en "ongeldig".

Sò het die Noord-Gautengse hooggeregshof Dinsdag beslis.

Die Liberty Fighters Network's (LFN) het die saak voor die howe gebring en beweer die lockdown beperkings is ongrondwetlik omdat 'n noodtoestand nie verklaar is nie.

In 'n verklaring sê die regering hulle neem kennis van die uitspraak.

Die verklaring lees: "Daar word kennis geneem van die uitspraak wat vlak-4 en vlak-3 lockdown regulasies as ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

"Die hof het die verklaring van die ongeldigheid vir 'n tydperk van 14 dae geskors. Dit beteken die vlak-3 regulasies bly van toepassing."

Regter Norman Davis het ook opdrag gegee aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om saam met ander ministers die regulasies te hersien; aan te pas en te her-publiseer.

Die hof sê dit moet gedoen word met oorweging aan die beperking wat elke regulasie het op die regte soos vervat in die handves van menseregte.

Die kabinet sê 'n verklaring sal gemaak word nadat die uitspraak bestudeer is.

TimesLive berig dat Reyno de Beer, regsverteenwoordiger vir die LFN, het die uitspraak verwelkom. 

Davis se bevel sluit nie die regulasies oor die ban op die verkoop van sigarette en verwante produkte in nie. Hierdie is deur die hof uitgestel tot 'n latere datum wat deur die hof en partye betrokke by die dispuut bepaal sal word. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters