Verlede maand
Lockdown lei tot meer pasiënte in rehab-sentrums
ONDERSTEUNING: Volgens Ashley Potts was pasiënte dalk aan die begin van lockdown by die huis, maar hulle het nie toegang tot die programme by die rehabilitasiesentrums gehad nie.Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

REHABILITASIESENTRUMS het in die lockdown ’n toename in pasiënte gehad.

Ashley Potts, direkteur van die Kaapstad-dwelmberadingsentrum, sê hulle het ook meer beradingsnavrae ontvang.

“Daar was in Mei 2020 op vlak 4 ’n stadige toename in toelatings. Grotendeels omdat mense bang was om op straat te wees.”

Hy verduidelik op vlak 3 was daar ’n kommerwekkende toename.

“Ons aandag het toe geskuif van berading oor die foon na berading in lewende lywe.

“Weens die toename in toelatings moet mense nou op ’n waglys van sowat twee weke geplaas word.

“Daar is ’n waglys by die meeste van ons fasiliteite in Atlantis, Mitchells Plain en Observatory.”

Probleme

Hy voeg by hoewel daar ’n toename in toelatings is, is daar steeds ’n gebrek aan hulpbronne by die sentrums.

Dwelmmisbruik is steeds een van die grootste probleme. Potts noem die lockdown in Maart het ’n aansienlike impak op gebruikers gehad.

“Dis moontlik omdat gesinslede dit nie in die huis met die persoon kon uithou nie. Terwyl mense wel by die huis was, het hulle nie toegang tot die ondersteuningy die sentrums gehad nie.”

Potts sê rehabilitasiesentrums in die geheel moet herevalueer word, omdat die historiese benadering om gebruikers te hanteer hulle nie sal help herstel nie.

Intussen sê Joshua Chigome, woordvoerder van Sharna Fernandez, minister van maatskaplike ontwikkeling, egter hul syfers toon daar was weens Covid-19 ’n afname by rehabilitasiesentrums.

“Sommige sentrums is gebruik as noodsentrums vir kinders wat sorg en beskerming nodig gehad het.

“Die drank-en-sigaretverbod het geen uitverking gehad op die toename of afname in aansoeke nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters