2 maande gelede
Lockdown keer tikkoppe nie
LOCKDOWN BIRTHDAY: Lucinda Michau loop Vrydag ’n bietjie in die straat rond om haar verjaardag te vier.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – “Dis sommer k*k, ons kan loop en gaan waar ons wil, want ons moet tik in die hande kry.”

Dié woorde kom uit skoolgaande kinders se monde toe Son hulle oor hulle rondloop-giere uitvra in dié tyd van lockdown.

Son verneem dat kinders so jonk as tien hierdie tyd benut om by druglords hulle dwelms te kry, waar hulle na bewering “net” ’n blow job moet afgee.

Gister was ons reeds op die spoor van kinders, maar hulle het geduck en dive.

Kragtens streng regulasies mag mense nie hulle wonings verlaat, tensy hulle mediese sorg nodig het of dringende inkopies moet gaan doen nie.

Sekere inwoners in Robertson vat die Covid-19-virus egter duidelik vir ’n joke.

Een jong het aan Son gesê dat niemand kan sê hoe en waar hy mag beweeg nie.

Verjaar

“Lees jou Bybel. God het in Openbaring die siektes en peste voorspel. So, ek leef nou my laaste jare,” het die tikkop gesê, terwyl hy middelvinger wys.

Nog ’n inwoner, Lucinda Michau (28), het Vrydag verjaar.

Michau sê sy neem die corona-gevaar ernstig op, maar het nogtans ’n vet kans gevat om buite te kom pronk oor sy verjaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters