10 dae gelede
Linge gereed vir skool
SO CUTE: Só het Shane en Duane Ephraim vier jaar gelede op Son se voorblad gepryk.  ~ Basil Davids

MCGREGOR. – Dubbel so opgewonde!

Dis hoe dié identiese twins voel om weer te kan terugkeer skoolbanke toe.

Son het Shane en Duane Ephraim – toe ses jaar oud – in 2016 op die voorblad gehad toe die twee mannetjies hulle vir hul heel eerste skooldag aangemeld het.

Vandag, vier jaar later, blink die twee seuntjies se groen ogies steeds so helder en hulle is baie opgewonde om gou weer terug in die skoolbanke te wees.

Die afgelope week het die tweeling soos gewoonlik identies aangetrek.

Vanaf geboorte trek hul ma hulle presies dieselfde aan.

En mense moet nog elke dag raai wie nou eintlik wie is.

Shane sê hulle maak mense soms lekker deurmekaar.

Wag

“Die mense ken ons nie uitmekaar nie. Ons is presies dieselfde. Ons stemme ook,” het die linge gesê.

EENDERS: Vandag kan niemand Shane en Duane Ephraim uit mekaar ken nie. Foto: Basil Davids

Volgens hulle bly hulle nog elke dag tuis en hulle kan nie wag om weer hul juffrou en maatjies te sien nie.

Hul daddy, Bandy Ephraim, sê hy onthou nog daai eerste dag toe hy hulle skool toe geneem het.

“Baie mense se koppe het vir my twins gedraai toe hulle met hul pragtige hoedjies hand aan hand by die skoolhek ingestap het.

“Daai dag sal my vir altyd bybly,” sê die trotse pappa.

Volgens hom gaan hy sy tweeling skool toe stuur die dag wanneer dit hul beurt is.

Die trotse pa sê die Covid-19-pandemie kan oorwin word – en sy seuns sê hulle glo presies dieselfde as hul daddy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters