16 dae gelede
Level-5 lockdown dalk weer SA se voorland
sa lockdown
Nog 'n vlak-5 is dalk weer op pad.  ~ 

DR. ZWELI Mkhize, nasionale minister van gesondheid, waarsku dat nog ‘n lockdown “nodig kan word” as die spike in die corona-virus te erg word.

Vroeër is reeds gewaarsku dat ‘n spike met infeksies in Julie en Augustus baie meer kan word.

Hy het op die radiostasie Talk Radio 702 daaroor gepraat.

Mkhize het gesê dinge kan nog taai raak.

“Ek wens ek kon iets anders sê. Ons het gewaarsku dit gaan gebeur. Veral in die wintermaande. 

“Ek is bevrees die syfers van mense wat infeksies kry word meer en mense moet weet hulle moet alle nodige voorsorg tref om hulself te berskerm.”

Hy het bygevoeg die "hard lockdown" – Level 5 – het gesondheidsdienste voorberei vir die spike wat gaan kom.

Volgens Mkhize kon die regering nie die hard lockdown langer laat aanhou nie.

“Maar ons kan dit dalk weer instel.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters