16 dae gelede
Legende sing lockdown-lied
Virender Sehwag in sy dae as krieketspeler.  ~ Getty Images

MENSE lag lekker vir ’n video wat Virender Sehwag getwiet het.

Dié voormalige krieketspeler (41) het ’n song gepost oor social distancing.

Hy’t “Door Door Se” uit die 1952-fliek Saqi gesing en gesê dis gepas noudat ons almal by die huis moet bly.

Die lirieke lui onder meer: “Ver weg, bly ver weg. Moet asseblief nie naby kom nie. Moenie aan my raak nie; kyk net van ’n afstand af.”

Weens die uitbreking van die nuwe corona­virus is talle lande onder lockdown.

Mense is gevra om van die huis af te werk en openbare plekke te vermy. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters