9 dae gelede
Leerkragte protesteer
SOOS MOORD: Clement Meyer van Athlone High spreek hom sterk uit oor die skole wat oop is.  ~ Melinda Stuurman

DIS moord wat deur die staat goedgekeur word ...

Só beskryf beswaardes in skoolkringe die feit dat die skole in die provinsie oop bly terwyl nog sterfgevalle aangeteken is.

Onnies het gister weer betoog teen die heropening van skole te midde van die corona-virus-pandemie.

Die betogings by verskeie skole volg nadat onnies by die Hoërskool Kensington en die Laerskool Montevideo in Montana gesterf het.

Clement Meyer, ’n onnie by die Hoërskool Athlone, sê die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) moet daarvoor blameer word.

Meyer sê: “Dis die staat se skuld. Dit is moorde dié wat deur die staat goedgekeur word.

“Nêrens in die wêreld waar die getal infeksies styg, is kinders terug by die skool nie. Maar dit word in ons land gedoen. Dis malligheid.

“Die WKOD bly arrogant en dreig onnies. Hulle hou vol skole moet oop bly.”

Meyer sê ook hulle gaan die betogings volgende week uitbrei om te verseker dat die ander grade nie soos beplan terugkeer skool toe nie.

Genevive Cornelissen, nog ’n onnie by die Hoërskool Athlone, sê: “Ek worry veral oor my kollegas wat ouer as ek is en ek is ekstra-versigtig wanneer ek naby hulle is.

“Ek sal nie like om te sien dat iets met enige een van hulle gebeur nie.”

BESWAARD: Rye onderwysers betoog omdat skole oop moet bly. Foto: Melinda Stuurman

Brandon Meyer, ’n onnie by Eros, ’n skool vir serebraal gestremdes in Athlone, dink die besluit om die skole nou al te heropen is nie goed oorweeg nie.

Hy sê: “Die kinders kom van areas waar daar geen social distancing plaasvind nie.

“Die regering sê kinders sal nie siek raak van Covid-19 nie, maar wat van die kinders se ou­mas by die huis?”

Leerders wat met die Congress of South African Students geaffilieer is, het by verskeie skole in Athlone betoog.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, veroordeel die ontwrigting van skole.

Volgens haar het die grootste getal infeksies onder onnies en leerders tydens die lockdown voorgekom voordat die skole heropen het.

“So, hoekom teiken die mense die skole?” wil sy weet. “In die Wes-Kaap is tans minder as 0,1% leerders in gr. 7 en 12 en School of Skills jaar 4 positief getoets vir die corona-virus.

Geraak

“Personeellede wat positief getoets is vir die corona-virus, verteenwoordig 1,5% van skoolpersoneel.”

Bronagh Hammond, woordvoerder van die WKOD, sê 557 werknemers is tot dusver met die corona-virus besmet. Sewe is dood. Geen leerders is geraak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters