3 maande gelede
Laerskoolleerders kry elk ’n ‘windscreen’
Goeie idee: Dié plastiekskerms is voor al die skoolbanke ingerig. FOTO verskaf  ~ 

DIE Laerskool Dr. GJ Joubert in die Strand het sy eie Covid-19-plan: plastiekskerms by elke lessenaar.

Volgens Martin Leukes, skoolhoof, het ’n onderwyser, Angus Hartley, met dié idee vorendag gekom.

Dit is om meer leerders in ’n klas te kan akkommodeer en hulle steeds veilig te hou in die klaskamer.

Leukes sê die skool moes diep in sy sak krap om die plastiekskerms oor die skoolbanke in te sit.

Die skool sit reeds met ’n groot leerdergetal en hy sal ook gereed moet wees as die ander grade eersdaags terug skool toe kom.

Video

Onderwysers het verlede week self hand aan die ploeg geslaan sodat alles gereed kon wees vir die leerders wat gister terug skool toe gekom het.

Die skool het 169 gr. 7-leerders, van wie 77 gister teruggekeer het.

Leukes sê hulle het eers vir die leerders ’n video gespeel oor wat Covid-19 is en wat dit aan die mensdom kan doen.

Hy sê baie van die leerders het ná die video baie verbaas gelyk oor wat hulle gesien het.

Leukes het ook die onderwysers bedank wat sonder om twee keer te dink gehelp het om dit moontlik te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters