Verlede maand
Kunstenaars cope nie in lockdown
help ons! Vicky Sampson meen hulle is in die steek gelaat.Foto’s: MELINDA STUURMAN  ~ 

COVID-19 steel hul “African Dream”.

Só kla kunstenaars wat sukkel om in die lockdown ’n inkomste te genereer.

Kunstenaars van verskeie organisasies in die bedryf het gisteroggend onder die #VulaPresident-veldtog (“maak oop, President”) buite die parlement betoog.

Hulle eis dat die regering music events en ander events in die vermaakbedryf heropen tot ’n 70%-kapasiteit onder die lockdown-regulasies.

Vicky Sampson, die musieklegende wat welbekend is vir haar tydlose treffer, “Afrikan Dream”, was en van die betogers.

Sampson sê kunstenaars sukkel weens die Covid-19 lockdown om kop bo water te hou, want alle events is óf uitgestel óf gekanselleer.

“Julle gee ons R6 400, wat ons hoe lank sal hou?” wou sy weet.

“En dan is daar sekeres wat R20 000 kry as gevolg van hul status in die bedryf.

“Ons is hier om een en elk in die bedryf te verteenwoordig.”

Die aktrise Euodia Samson sê: “Mense sien ons op TV en in magazines, dan dink hulle ons lewe is kwaai.

Aansoek

“Maar ons moet vir elke job skarrel.

“En dan kom die government en hulle kyk nie eens agter ons nie.

“Ek was nie deel van seisoen 3 van Arendsvlei nie, want ek het drie jobs geline vanaf Maart tot nou.

“Toe kom die lockdown in Maart en al drie jobs is gekanselleer. Ek het al drie keer aansoek gedoen vir die relief fund.

“Ek weet nou nog nie hoekom ek dit nie gekry het nie.

“Niemand weet wat die kriteria is nie. My een actress-vriendin voel sleg omdat sy dit gekry het en ek het dit nie gekry nie.

“Ons weet nie wat die kriteria is nie. Dis amper asof iemand spin the wheel speel en jy kry of jy kry nie.

“Mense wat awards gewen het vir hul movies, mense wat awards gewen het vir hul plays, vra vir my of ek nie vir hulle R100 kan gee nie, want hulle het nie kos by die huis nie.”

Die Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, Malvern de Bruyn, was ook by die protesaksie. Hy meen daar moet nou ingegryp word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters