Verlede maand
Korruptes 'sal swaar gestraf word'
Jackson Mthembu, minister in die presidensie  ~ Felix Dlangamandla

GELD wat deur "gewetenlose individue en maatskappye" van die regering gesteel is deur die prys van beskermende drag te verhoog, sál teruggekry word, sê Jackson Mthembu, minister in die presidensie. 

Mthembu het Donderdag die media toegespreek oor besluite wat vroeër vandeesweek by 'n kabinetsvergadering geneem is.

Hy sê dié wat by korrupsie geïmpliseer word, sal swaar gestraf word.

"Die plaag van korrupsie, wat homself gemanifesteer het in die blatante diefstal en plundery van staatshulpbronne, is die grootste kanker tot die samelewing en het die potensiaal om openbare vertroue in die regering se gesamentlike pogings, om mense se lewens te verbeter, af te takel.

"Die kabinet veroordeel ten sterkste alle dade van korrupsie en is vol vertroue dat alle kwaaddoeners uiteindelik sonder vrees of guns veroordeel sal word."

Mthembu sê die kabinet sal hul samewerking aan wetstoepassingsagentskappe gee. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters