11 dae gelede
Kom ons bid saam, vra Cyril
President Cyril Ramaphosa.
President Cyril Ramaphosa vra dat almal vanaand saam in gebed gaan waar ook al jy jou bevind.  ~ Argief

PRES. Cyril Ramaphosa het op die vooraand van die lockdown Suid-Afrikaners gevra om saam te bid teen die corona-virus, Covid-19.

Ramaphosa het ook intussen bekendgemaak dat hy negatief getoets het vir Covid-19.

Hy het na besprekings met godsdienleiers 'n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om tussen 18:00 en 18:30 uur twee minute af te staan aan gebed en meditasie.

Ramaphosa sê dis nou die tyd om saam te werk as een patriotiese nasie in solidariteit met almal wat deur Covid-19 geraak is.

“Ek doen 'n beroep op al ons mense, of hulle nou godsdienstig is of nie, waar hulle ook al is, om Donderdag 26 Maart 'n oomblik van stilte te hou om solidariteit te wys,” het president Ramaphosa gesê.

Die president het gesê dat die volk veral moet dink aan diegene wat in die hospitaal, kwarantyn of self-isolasie is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters