21 dae gelede
Klokreël steel kosbare werk
ONTEVREDE: Nqobile Sibiya en haar kollega Stephen Okafor hoop die regering sal die regulasies verander.  ~ Jonathan Lestrade

EIENAARS en werknemers in die restaurantbedryf doen ’n beroep op die regering om die lockdown-reëls te verslap.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër dié maand aangekondig daar is weer ’n curfew. Tussen 21:00 en 04:00 mag niemand op straat wees nie, tensy dit vir essensiële werk is.

Hierdie operating hours beteken baie restaurante sal nie hul deure kan oophou nie.

Geaffekteerdes oor die land het gister hul frustrasie oor die regulasies na die strate geneem. Paaie is met stoele en tafels afgesper.

In Kaapstad het werknemers en eienaars ook die strate met plakkate ingevaar om hul stem te laat hoor.

Lubabalo Nguqu (40) van Guguletu werk al agt jaar in die restaurantbedryf.

Weens sy kleiner inkomste met die min ure wat hy nou kan werk, gaan dit bitter moeilik.

“My gesin depend op my om ’n inkomste te maak sodat ons kos op die tafel kan kry. Maar as ons net twee uur per dag kan werk en vier shifts per maand, weet ek nie hoe ek my gesin kan onderhou nie,” sê hy.

MAAK VERANDERING: Werkers in die restaurantbedryf is gefrustreerd omdat eetplekke se deure as gevolg van die lockdown-regulasies vroeg moet sluit. Foto: Jonathan Lestrade

Thandokazi Si­swana werk by dieselfde restaurant in Kampsbaai as Nguqu. Sy sê die hospitality-bedryf ly baie erg.

“Ons maak nie geld nie omdat daar nie genoeg tyd is om ’n wins te maak nie. Ons het baie mense na wie ons moet kyk. Die meeste van ons is die broodwinners en ons moet werk.

“Ons wil hê die regering moet gou ’n verandering maak aan die regulasies.

“Ek is uitgestres. Ek weet nie of ek môre werk sal hê nie. Ek vrees vir die dag dat ek my werk verloor.”

Hartseer

Stephen Okafor, ’n wait­er, sê die impak van die lockdown is oral.

RED WERK: Werkers in die restaurantbedryf in Kampsbaai vrees hulle kan hul werk verloor as gevolg van die nuwe curfew. Foto: Jonathan Lestrade

Hy dink dis hartseer dat so baie mense hul werk verloor het.

“Ek kan nie my rent betaal nie. Ek verstaan die curfew, maar ons vra dat dit ’n bietjie gelig word sodat ons meer customers kan kry en geld kan maak,” sê hy.

Mense van restaurante in Kloofstraat, Stellenbosch, Franschhoek en Johannesburg het deelgeneem aan die protesaksie in die hoop dat die regering gou ’n verandering sal maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters