14 dae gelede
Kerk voed steeds
IETSIE TE ETE: Marie Willemse deel broodnodige sop uit.  ~ Keith Meyer

DIE VG Kerk in Calitzdorp sit steeds die voeding van honger inwoners voort – veral die honger kinders wie se honger ál groter word.

Marie Willemse, ’n lidmaat, sê: “Aan die begin van die lockdown was almal oral te sien, besig om kos uit te deel.

“Maar vandag, meer as 100 dae in die lockdown, raak sopkombuise en voedingskemas ál minder. Terwyl die nood ál groter word, word die kos ál minder en die werkloosheid ál meer. So ook die hongersnood.”

Maar die plaaslike VG Kerk gaan steeds voort om die kinders iets vir die maag te gee. Dít te midde van die ál groter wordende werkloosheid weens die pandemie.

Tans is die infeksiesyfer in Kannaland op pad na die vyftigtal toe.

Dis baie in verhouding tot die grootte van die gemeenskap.

Ant Anna van Wyngaard is ’n dankbare vrou. Sy sê: “Kinders eet mos maar baie, veral in die winter as dit so kou’ is.”

Johannes Beginsel voeg by: “Waar is die mense wat so by die container-winkels gaan geld collect het vir die arm mense vir kos?

“Hier is kinders wat niks het nie. En hulle is dankbaar vir die bietjie sop. Dit maak die liggaam warm.

“Dit maak die kinders dankbaar. Skryf: Ons is dankbaar vir die kerk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters