Verlede maand
JP: Staat moet reëls fine-tune
VEILIGHEID EERSTE: Net sekere sake kom voor in die howe.  ~ Leon Bonthuys

DAAR moet weer na die lockdown se regulasies gekyk word om dit te verfyn.

So sê JP Smith, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit.

Smith sê vir die doeltreffender toepassing van die lockdown vra die Stad dat die nasionale regering die regulasies verfyn om die polisie en army se werk makliker te maak.

“Enige iemand wat op straat is, kan net sê hulle gaan kos koop. Dis onmoontlik vir die polisie, army, metropolisie en law enforcement om werklik vas te stel of mense op straat daar hoort of nie.”

Hy stel voor shopping-tye moet van 09:00 tot 13:00 beperk word.

Die Stad wil ook hê die regering moet weer kyk na die gebruik van buurtwagte.

“Daar is duisende neighbourhood watches in Kaapstad wat goed opgelei is om dié werk te doen.”

Smith sê dit gaan nie daaroor om wette af te dwing nie, maar oor jou eie veiligheid en om te doen wat reg is vir jou, jou familie en gemeenskap.

  • Intussen het die metropolisie die naweek 21 mense gearresteer omdat hulle die Wet op Rampbestuur oortree het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê sedert verlede Donderdag toe die wet in werking getree het, is 224 mense in hegtenis geneem.

Africa vra ook weer dat mense tog binnenshuis moet bly.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê verskeie mense is in die naweek gearresteer en het Maandag in verskillende howe verskyn.

“Die meeste is op waarskuwing vrygelaat, maar ander word aangehou omdat die oortredings ernstiger was.”

Son het gister ’n draai by die Bellville Landdroshof gemaak, maar is verbied om in te gaan.

Net sekere dienste word aangebied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters