4 maande gelede
Ins en outs van die landwye lockdown
GROOT SPRONGE: Só lyk die Covid-19-gevalle in Suid-Afrika sedert gister.  ~ Grafika: Tyrone Apollis

DIE landwye lockdown het die nasie in ’n spin.

Dié inperking sal van middernag vannag tot Donderdag 16 April duur.

Almal moet in hierdie tyd in hulle wonings bly.

Daar is baie vrae rondom die lockdown.

Hier is meer inligting oor die moets en moenies hieromtrent.

Mense wat uitgesluit word van inperking:

  • • Gesondheidswerkers (openbare én privaat sektor), nooddienste, sekerheidspersoneel (insluitend die SAPD, spietkops, metropolisie, militêre mediese dienste en weermag) moet werk.
  • • Enige ander personeel wat ’n rol speel om die pandemie te help bekamp, word ook gevrywaar van inperking.
  • • Dit sluit mense in wat betrokke is by die produksie en verspreiding van kos en basiese produkte, bankdienste, die instandhouding van krag, water, en telekommunikasie, en die vervaardiging van mediese en higiëne-produkte.
  • • Die media wat daaglikse nuus moet bring, word ook gevrywaar.

Sal ek die huis kan verlaat?

Moenie panic nie. Mense sal steeds in klein getalle kan uitgaan winkel en apteek toe vir kos, basiese produkte, mediese dienste en toelaes.

Trip

  • • Ons móét egter almal ons bewegings tot die minimum beperk om besmetting te voorkom.
  • • Wanneer jy jou blyplek verlaat, moet jy jou trip sorgvuldig beplan en dit so gou as moontlik afhandel.
  • • Hou ná elke trip by die reël om jou hande vir 20 sekondes deeglik te was.

Dis nie nodig om kos en ander produkte op te gaar nie.

  • • Paniek-aankope is glad nie nodig nie.
  • • Die regering doen alles om te verseker dat daar genoeg kos en basiese produkte is.
  • • Daar is gesprekke met verskaffers, verspreiders en vervaardigers om te ver­seker die basiese benodigdhede sal beskikbaar bly.
  • • Wees onselfsugtig sodat daar genoeg vir almal kan wees.

Al ons maatskaplike sekerheid bly in plek.

  • • In dié tyd sal alle grants steeds betaal word.
  • • Om opeenhoping te vermy, sal pensioene en disability grants op 30 en 31 Maart betaal word. Ander grants sal op 1 April betaal word.
  • • Alle betaalkanale soos OTM’s, retail points, poskantore en cash pay points sal oop bly.

Watter ander dienste is nog oop?

  • • Die meeste winkels en besighede sal gesluit bly.
  • • Supermarkte sal oop wees. Sekerheidsdienste sal ook bly werk.
  • • Banke en ander noodsaaklike finansiële dienste sal oop wees.
  • • Petrolstasies sal oop wees.
  • • Besighede wat noodsaaklik is in die vervaardiging en verspreiding van kos sal bly werk.

Die volgende plekke en persele is gesluit vir die publiek:

• Enige plek of perseel wat gewoonlik oop is vir die publiek waar godsdienstige, kulturele, sport-, vermaak-, ontspannings-, organisatoriese of soortgelyke aktiwiteite plaasvind 

• Enige plek of perseel wat gewoonlik oop is vir die publiek waar nie-noodsaaklike goedere aangekoop, verkry, van ontslae geraak word of verkoop word

• Enige plek of perseel wat gewoonlik oop is vir die publiek soos:

          o Openbare parke,

          o strande en openbare swembaddens

          o Vlooimarkte

          o Opelugkosmarkte

          o Nagklubs

          o Casino's

          o Hotelle, lodges en gastehuise, behalwe vir die uitsondering waar dit benodig word vir die oorblywende toeriste wat beperk word tot hulle hotel,                   lodge of gastehuis

          o Privaat en publieke wildreservate, behalwe waar dit benodig word vir die oorblywende toeriste wat beperk is tot privaat en openbare wildreservate

          o Vakansieoorde, behalwe vir die uitsondering waar dit benodig word vir die oorblywende toeriste wat beperk is tot sulke vakansieoorde

          o Supermarkte, drankwinkels, taverns, shebeens en shisanyamas waar daar drank verkoop word;

          o Teaters en cinemas

          o Winkelsentrums en sentrums (behalwe kruidernierswarewinkels en apteke) 

• Taxi-staanplekke, busdepots, treinstasies en lughawens

Belangrike goedere en dienste tydens die lockdown:

• Enige kosproduk, insluitende nie-alkoholiese drankies;

• Troeteldierkos;

• Chemikalieë, verpakking en aanvullende produkte wat in voedselvervaardiging gebruik word;

• Skoonmaak- en higiëniese produkte: Toiletpapier, sanitêre doekies, tampons, kondome, hand sanitiser, ontsmettingsmiddels, seep, alkohol vir nywerheidsgebruik, huishoudelike skoonmaakmiddels en persoonlike beskermende toerusting; en

• Chemikalieë, verpakking en aanvullende produkte wat gebruik word in enige van die bogenoemde;

• Mediese en hospitaalvoorraad, toerusting vir persoonlike beskerming; 

• Chemikalieë, verpakking en aanvullende produkte wat gebruik word in enige van die bogenoemde;

• Brandstof, insluitende steenkool en gas

• Basiese goedere, insluitende lugtyd en elektrisiteit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters