2 maande gelede
Ignoreer lockdown-boodskappe
Hoof van regeringskommunikasiePumla Williams  ~  City Press

IGNOREER boodskappe oor verandering in lockdown regulasies.

So lui 'n versoek deur Phumla Williams, hoof van regeringkommunikasie oftewel GCIS.

Met 'n derde vlaag van die corona-virus in die land is Suid-Afrikaners verdeeld oor of regulasies strenger gemaak moet word.

EFF-leier, Julius Malema, het vroeër die week gesê pres. Cyril Ramaphosa beplan vlak-5. Sedertdien is daar talle boodskappe wat weer die rondte doen oor 'n family meeting.

Vrydag het boodskappe die rondte begin doen oor vlak-4 met selfs #level4 wat op Twitter getrend het.

Williams sê egter indien daar enige strenger regulasies kom gaan dit nie die naweek weens nie.

Sy bevestig wel dat die corona-virusbevelsraad Dinsdag 'n geskeduleerde vergadering het om die regering se reaksie op die derde vlaag te bespreek.

Terwyl die president dalk nog nie die land toespreek nie, het die leier van die DA, John Steenhuisen, 'n lys van bekommernisse vir die president.

Steenhuisen noem: "Die regering het waarskuwings in Februarie ignoreer van 'n derde vlaag in winter.

"Hulle het ook misluk om die tyd te gebruik om die gesondheidstelsel gereed te kry of om track en trace kapasiteit te bou.

"Dit blyk die NCCC se enigste antwoord is lockdowns."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters