6 maande gelede
Huispryse daal kwaai
Covid-19
DIe prys van huise het tydens die lockdown gedaal.  ~ Foto ter illustrasie

DIE corona-virus is nie net dodelik vir mense nie, maar ook vir die huismark, veral vir weelderige wonings.

Die mark was voor die pandemie reeds onder druk.

Kenners meen nou luukse huise kan vanjaar tot 20% van hul waarde verloor.

Business Insider berig dié marksegment kan die hardste geslaan word.

Die nuutste lystings van huispryse toon daar is reuse-dalings, veral in gebiede waar die duurste huise voorkom – soos Kaapstad se Atlantiese seestrook.

Versleg

Een mansion in Fresnaye wat vir R50 miljoen gelys was, kan nou teen R40 miljoen opgeraap word. In Bantry Bay is ’n posh plek beskikbaar vir R29 miljoen (al was dit eers R39,5 miljoen).

’n Daling in pryse word ook in Gauteng gesien.

Die eiendomsnavorsingsgroep Lightstone meen die mark vir luukse eiendomme sal versleg. As die BBP met net 3% daal, meen hy, sal luukse huise se pryse steeds ondanks die laer rentekoers, met 5,9% daal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters