Verlede maand
Honger hou talle in rye

DIE cops se water­kanonne gaan nie hul honger­ stil nie.

Honderde mense is Vrydag sopnat gespuit by Sassa se kantore in Bellville nadat hulle nie gehoor gegee het aan die bevel om social distancing toe te pas nie.

Die mense het in ’n lang ry gestaan wat reg rondom die kantoor geloop het, terwyl ander oorkant die pad gestaan het. Hulle is ’n paar keer natgespuit om hulle uitmekaar te kry.

Maar dit het hulle nie afgesit en laat weghol nie.

Laaste

Duisende mense stroom na Sassa-kantore om heraansoek te doen vir toelaes, maar stel hulself in gevaar om Covid-19 op te doen.

Hongerte is wat meeste van hulle in daardie lang ry gehou het. Selfs die oggend­reën het nie in hul pad gestaan nie.

Social distancing is die laaste ding wat op hul mind was.

Dié mense sê: “Ons is honger.”

Oud en jonk het dié drie woorde reg in die ry af gesê.

moeg gewag: Honderde mense staan buite die Sassa-kantoor in Bellville om gehelp te word. Foto’s: JONATHAN LESTRADE

Hulle het toe al dae lank gewag om gehelp te word. Sommige mense het daar geslaap, terwyl ander die risk gevat het om in die vroegoggendure na die kantoor te reis in die hoop dat hulle eerste of van die eerstes sal wees wat gehelp gaan word.

Maar dit was nie die geval nie. Teen die tyd dat mense by die kantoor opgedaag het, was daar al klaar ander wat die vorige nag of nagte voor die deure gesit het.

Son het vroeër berig dit is dalk een van die super-spreading events wat die president laas week nie gespesifiseer het in sy toespraak aan die nasie nie.

Nazli Martin, een van die honderde mense wat buite die kantoor gewag het, vertel: “As jou koskassies leeg is, jy honger ly en jy het niemand behalwe jouself wat iets daaraan kan doen nie, dan sal jy ook die wag in die ry waag.”

Dié 58-jarige inwoner van Delft is ongelukkig oor die stadige diens.

“Ek is diabetic en moet elke dag eet. Ek het nie geld wat inkom nie, so ek moet hier staan.

“Maar daar moet tog ’n beter manier wees hoe die government ons almal kan help.”

Baie van dié met wie Son gesels het, sê hulle wil nie die rye verlaat nie uit vrees dat hulle hul plek gaan verloor as hulle terugkom.

sassa
raadop: Nazli Martin sê sy is baie ongelukkig oor die diens wat sy ontvang en is moeg om hulp gewag.

Diere

Daar is ook diegene wat glad nie omgee om nog ’n aand buite die Sassa se kantore te slaap nie.

Hulle sê hulle het nie ’n ander keuse nie.

“Dit is ridiculous! Ons raak eintlik siek. Dit is nie reg wat hulle doen nie.

“Hulle moet nie vergeet dat ons mense is nie. Ons is nie diere of skape nie. Ons verwag beter,” sê Cyril Fritz.

Selfs die minister van maatskap­like dienste, Lindiwe Zulu, se pleidooi dat mense sosiale distansiëring moet handhaaf, het op dowe ore geval.

Zulu het verlede week aan Son gesê dis belangrik dat haar departement, Sassa, die provinsiale regering en die Stad Kaapstad saamwerk om ’n oplossing te vind, want dit gebeur nie in die hele Wes-Kaap nie, maar in die Kaapse omgewing.

“Ons moet saamwerk om alternatiewe te vind soos in die verlede waar ons gemeenskapsale gehad het wat Sassa kon gebruik.”

Sy sê Covid-19 het almal gedwing om vinniger en beter te dink en maniere te oorweeg om beter diens te lewer.

Busisiwe Memela-Khambula, uitvoerende hoof van Sassa, sê hulle doen alles moontlik om ’n gladde proses vir alle aansoekers om toelaes te verseker.

Memela-Khambula het Vrydagoggend gesê 110 mense sal gehelp kan word en die res sal ’n datum kry vir wanneer hulle by die kantore moet wees.

MAAK N PLAN: Busisiwe Khambula, hoofbestuurder van Sassa (links), sê hulle doen alles moontlik om n gladde proses vir almal, wat aansoek doen om toelaes, te verseker. Minister van maatskaplike dienste, Lindiwe Zulu het ook by kantoor opgedaag en die mense versoek om aan die social distaning reëls te hou.
Bankvas

“Dit sal keer dat daar te veel mense by die kantore opdaag om aansoek te doen.

“Só verminder ons ook die kans dat mense aan die virus blootgestel word.”

Baie was nie gelukkig met dié reëling nie en het net sonder enige social distancing bankvas in die lang rye gestaan. Dit het daartoe gelei dat die polisie die skare met water uitmekaar probeer kry het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters