15 dae gelede
Heropening was regte besluit
VOORSORG: By alle skole gaan die aanhoudende skoonmaak ’n normale aktiwiteit raak.  ~ Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade

DIT was die regte besluit om dat kinders weer skool toe gaan.

Sò het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, aan die nasionale raad van provinsies die afgelope week gesê.

Motshekga sê 98% van die kinders is terug by die skole.

Dit ondanks onderwysers en organisasies wie vasskop oor die gevaar van die corona-virus.

“98% van die ouers sou nie hulle kinders skool toe gestuur het as hulle nie die rasionaliteit van die besluit vertrou het nie.”

Kinders in grade 7 en 12 het op 8 Junie teruggekeer skool toe en op 1 Junie vir skole in die Wes-Kaap.

Motshekga voeg by: “Ek verwag nie dinge sal binne die volgende twee jaar normaal wees nie, maar skole kan nie vir drie jaar gesluit word nie.”

Volgens Kerry Mauchline, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, het die meerderheid van skole in die provinsie wie gevalle aangemeld het, slegs een of twee gevalle.

“Ons sien dus nie ‘n massaverspreiding by skole nie.”

Sy beklemtoon ook weer dat ‘n bevestigde geval nie vereis dat ‘n skool toegemaak moet word nie.

“In elke geval is daar ‘n aantal faktore wat oorweeg moet word vir ‘n besluit om gemaak te word.

“Die datum wat die persoon, wie positief getoets het laas by die skool was, is belangrik. Indien daardie persoon meer as ‘n week gelede laas by die skool was, is dit nie nodig om ‘n oppervlak te sanitize nie. Dit is omdat die nasionale instituut vir oordraagbare siektes en die departement van gesondheid sê die virus nie vir langer as 72 uur op ‘n oppervlak kan oorleef nie.”

Intussen het dit aan die lig gekom dat ses leerlinge van Hoër Jongenskool Paarl positief getoets het nadat hulle saam by ‘n braai was.

Netwerk24 berig die seuns het die braai die naweek voor jeugdag bygewoon en het hieroor gebieg toe dit uitkom dat iemand by die braai positief getoets het.

In ‘n video op Facebook sê die skool dat die matriekleerders almal by die huis selfisoleer en almal wie in kontak was met hulle ook vir 14 dae huis toe gestuur is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters