16 dae gelede
Helpers maak magies én mind vol
KOM ONS LEER: Susan Jantjies met van die kinders wat by die opvoedkundige program baat.  ~ Jonathan Lestrade

“KINDERS kan nie op ’n leë maag leer nie.”

Só meen Susan Jantjies, die voorsitter van die organisasie Parents for Change in Delft, wat sedert die begin van die lockdown sowat 200 kinders voed.

“Ons kan nie vir kinders leermateriaal gee sonder om hulle iets te ete te gee nie. Hulle sal nie produktief wees nie omdat die hongerte pla,” sê sy.

Jantjies sê sy weet daar’s tans baie mense sonder kos in hulle huise.

“Ek sien hoe eens independent mense nou ook hulle bakkies bring vir kos. Dis hartseer om te sien hoe mense sukkel, maar ons doen wat ons kan om ons medemens te ondersteun,” sê sy.

Jantjies sê verder hoewel sy graag elke dag kos wil verskaf, is dit nie moontlik nie.

“Ons kan op die oomblik net drie keer ’n week kos gee. Ons fokus is eers op die kinders en dan die grootmense.”

Jantjies sê ’n paar weke gelede het hulle begin met hulle educational program sodat kinders tydens die lockdown iets het om hulle besig te hou.

“Ons het educational booklets wat ons aan hulle gegee het. Hulle vat dit huis toe en moet die programme by die huis volledig doen.

“Dit gee ook ouers die geleentheid om betrokke te raak by hulle kinders se skoolwerk.”

Help

Sy sê al hoe meer kinders daag op.

“Ons verwelkom elke kind en ouer wat belangstel en moedig hulle aan om ander leermateriaal te kry of kreatief te word,” sê sy.

HOU JOU DISTANCE: Edith Leibrandt verseker dat die kinders by die regulasies hou. Foto: Jonathan Lestrade

Jantjies gee elke Maandag, Woensdag en Vrydag kos uit en hou by die regulasies.

“Ek is baie streng en verwag dat almal ’n masker moet dra en almal moet hulle hande was.”

Sy moedig mense aan om te help waar hulle kan.

“Baie mense sukkel en elke bietjie wat ons doen, maak ’n groot verskil,” sê sy.

ALMAL KRY IETS: Susan Jantjies sê kinders word altyd eerste gevoed. Foto: Jonathan Lestrade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters