Verlede maand
Goeie nuus vir Fita in tabaksaak
Ter illustrasie. Foto: Getty Images
Fita se saak gaan in app√®lhof aangehoor word.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

DIE Appèlhof in Bloemfontein het ingestem dat die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se saak oor die verkoop van tabakprodukte aangehoor word.

Verlede maand het die hooggeregshof in Pretoria beslis die regering se verbod op sigaretverkope geld en Fita se aansoek is afgekeur. Fita is toe Appèlhof toe.

Die regering moet teen Vrydag ‘n antwoordende verklaring indien.

Fita se voorsitter Sinenhlanhla Mnguni het gesê dis goeie nuus.

“Dit is ‘n lang proses waardeer ons is om met die regering te praat, maar dit het nie vrugte afgewerp nie. Die regering wou glad nie na ons luister nie.”

Die regsgeding tussen die regering en die tabakindustrie kom reeds lank aan. - Jacaranda FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters