Verlede maand
Genoeg is genoeg
Shuaib Brown: “As die law daai sê is dit seker die law. Maar die law maak nie sin nie. Almal wat drink kan lekker drink, maar ons wat rook, kan nie rook nie.”  ~ Tracy-Lynn Ruiters

DIE nasionale minister van polisie, Bheke Cele, se uitlatings vroeër vandeesweek oor entjie-smouse wat aan die pen gaan ry, het tonge los.

Die stukkie wat hy bygevoeg het dat rokers en kopers ligter daarvan kan afkom, het die gesprek aan die gang gesit.

Ook ná Woensdagaand se imbizo met pres. Cyril Ramaphosa waar hy vaag was en gesê het dat sigarette “eendag” weer vrylik beskikbaar sal wees, het vele mense se entjies se kooltjie doodgewaai.

Son het gaan hoor hoe voel mense oor die dilemma.

Shuaib Brown: “As die law daai sê is dit seker die law. Maar die law maak nie sin nie. Almal wat drink kan lekker drink, maar ons wat rook, kan nie rook nie.”

Shiyaam Williams: “Ek is ’n non-smoker, maar ek ken mense wat jare lank rook en ek voel jammer vir hulle. Ek dink nie dis valid om die verkopers te stop nie, cause toe wyn onwettig was, het mense dit steeds onwettig verkoop. So, hoekom is húlle nie gestop nie?”

Jermaine Adams: “Hulle is siek. Hoe de hel? Nou moet óns suffer vir hulle besluite wat nie backing het nie.”

Marie Jefferies: “Ek is nie ’n roker nie, maar ek dink dis stupid. As die mense wil rook, laat hulle rook. Hulle kon gou die drank legal maak. Drank wat baie meer probleme veroorsaak.”

Lauren Adams: “Ek glo dis ’n way vir hulle om ekstra geld te maak. Die drugs is dan nou cheaper as entjies. Mense kan drugs koop, maar nie entjies nie. Merts kannie deur die law gekeer word nie, maar mense wat entjies verkoop, sal?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters