3 maande gelede
Geen huweliksertifikate tydens lockdown
Dr. Aaron Motsoaledi  ~ Argief

GEEN huwelikssertifikate gaan tydens die lockdown van 21 dae uitgereik word nie.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sê dié wat wil trou, sal moet wag tot na die lockdown.

"Dalk gaan die 21 dae julle ook tyd gee om te dink of julle wel wil trou," het Motsoaledi gegrap.

Motsoaledi sê binnelandse sake gaan tydens lockdown met 'n skeleton staff werk om drie soorte dokumente uit te reik: 

*Tydelike ID's vir diegene wat hulle s'n verloor en dit nodig het om noodsaaklike transaksies te maak.

*Geboortesertifikate te vervang vir kinders wat dit nodig het vir noodsaaklike dienste soos Sassa-toelae. 

*Doodsertifikate

Geen nuwe dokumentasie, soos ID's, gaan uitgereik word nie.- News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters