15 dae gelede
Families mag nie meer lyke raak, was
Coffins. (Duncan Alfreds, News24, file)
Nafupa het ook maatreëls ingestel om die verspeiding van die virus te stuit.  ~ Duncan Alfreds, News24

Die nasionale begrafnispraktisynsvereniging van Suid-Afrika (Nafupa) sê families sal nie meer aan die liggame van hul oorlede geliefdes kan raak of dit was nie.

Die vereniging, wat bestaan uit 540 begrafnisondernemings oor die land se nege provinsies, sê hulle neem die maatreël om die verspreiding van die koronavirus te stuit.

Muzi Hlengwa, president van Nafupa, sê liggame sal op die dag van die begrafnis afgelewer word.

Hlengwa sê hoewel hulle verstaan dat baie Suid-Afrikaners rituele op die lyke van hul oorlede geliefdes moet uitvoer, sal dit tydelik gestop moet word.

Hy sê alle lede van Nafupa is opdrag gegee om die veiligheid van hul personeellede en kliënte te verseker.

Hlengwa sê hoewel 'n lockdown die bedryf met uitdagings bied, verwelkom en ondersteun hulle die president se besluit. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters