12 dae gelede
Eetplekke veg teen drankverbod
restaurant
Restaurant wil hê die drankverbod, wat van toepassing op hulle is, moet gelig word.  ~ Foto ter illustrasie

DIE Restaurant Association of SA (Rasa) eis dat die verbod, om drank met aansitetes te bedien, gelig word.

Restaurante kon Maandag vir die eerste keer, sedert 'n nasionale lockdown drie maande gelede aangekondig is, weer oopmaak vir aansitetes.

Hulle mag egter net drank verkoop om opgetel of afgelewer te word. Dit mag nie saam met etes bedien word nie.

"Die beperking op die verkope van alkohol saam met maaltye vra eintlik vir restaurante om tot die stryd te tree met een hand agter die rug," sê Rasa in 'n brief aan Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid.

"Suid-Afrika het 'n kultuur van drank met maaltye geniet en deur dit nie toe te laat nie, help die departement eintlik met die ineenstorting van dié sektor

In hul brief aan Patel sê die vereniging restaurante is in die huidige krisis die hardste getref en dat dit 'n impak het op die lewens van byna 1 miljoen mense.

"Ondanks die verliese wat weens die lockdown gely is, het die bedryf sover voldoen aan die regulasies. Die volgehoue verontagsaming van die toestand waarin dit is, het veroorsaak dat dié sektor nou sy breekpunt bereik het."

Rasa eis dat Patel restaurante met 'n geldige dranklisensie binne sewe dae toelaat om alkohol aan gaste te verkoop of om redes te verskaf hoekom die verbod nie opgehef kan word nie. - Business Insider South Africa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters