28 dae gelede
Duisende onnies terug na skole
Children in classroom
Duisende onnies het Maandag na die klaskamer teruggekeer.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

MEER as 22 000 onderwysers wat gedurende die inperking van die huis af gewerk het, het Maandag na die klaskamer teruggekeer.

Dié onnies, met onderliggende siektes, het toestemming gehad om van die huis af te werk uit vrees dat hulle Covid-19 kon opdoen. Met die inperking wat na vlak-1 verslap is, het die departement van basiese onderwys nou beveel dat hulle na skole terugkeer. 

Die Professional Educator's Union sê hoewel onderwysersmby die nuwe normaal moet aanpas om die akademiese jaar te voltooi, moet skole regoor die land seker maak streng maatreëls is in plek.

Allan Thompson van die National Teachers Union het skole ook aangemoedig om steeds van plaasvervangeronderwysers gebruik te maak.

Die South African Democratic Teachers Union het sy onnies aangeraai om vir verlof aansoek te doen as hulle nie gereed is om terug skool toe te gaan nie. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters