20 dae gelede
Drankverbod laat talle in wynbedryf werkloos
MOEILIKE TYE: Werkers in wynbedryf suffer onder alkohol ban.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – Werkers by wynkelders in die Suid-Kaap verloor nou op ’n streep hul werk.

Nou met die tweede verbod op drankverkope is dit nag. Verskeie werkers by wynkelders in die dorp sit nou by die huis en kan geen inkomste verdien nie.

Die dorp staan bekend as die Port-hoofstad van Suid-Afrika.

Kaki Willemse, gemeenskapsleier, sê: “Werkloosheid het nou rampafmetings aangeneem met die corona-virus.

“Inwoners praat van hongersnood en met kinders wat moet skool toe gaan, neuk dit nou op sy ergste. Die gesinne suffer op hul ergste.”

Tier Appollis sê: “Ons weet nie meer watter kant toe nie. Ons is werkloos en mannekrag betaal ook nie uit soos hulle moet nie.

“Ons manne moet kos op die tafel sit, maar die regering het nou weer wyn verban en nou ly die werkers van die wineries en wingerdlande daaronder.”

Klasie September voeg by: “Al wat ons as wynbedryf-manne vra, is dat die regering ook aan ons dink.”

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê: “Ons is uiters bekommerd oor die werkverliese. Dit gaan ook verdere druk plaas op produsente en wynkelders wat reeds enorme skade gely het.

“Die landboubedryf is nie in dié besluit geken nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters