13 dae gelede
Drankverbod gaan gereeld geherevalueer word
Minister Nko¬≠sazana Dlamini-Zuma  ~ Netwerk24

DIE drankverbod gaan gereeld geherevalueer word om die swaarkry te beperk wat individue en die ekonomie tydens die lockdown in die gesig staar.

Só sê Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in hofstukke. 

Die regering moet hul besluit oor die drankverbod in die hof verdedig.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 12 Julie aangekondig dat die verbod weer in werking gestel word.

Die Suid-Afrikaanse Agri Inisiatief (Saai), wat 120 wynboere verteenwoordig, het die hooggeregshof genader om die verbod opgehef te kry.

Saai sê die drankverbod is irrasioneel, arbitrêr en onredelik.

Hulle voer ook aan dat die kommersiële impak van Covid-19 verwoestend vir die plaaslike bedryf is.

"Die kommersiële impak van Covid-19 is ver minder op die drankbedryf as op plaaslike wyn waarvan die finansiële sukses van Suid-Afrikaanse verkope afhang. Die wynbedryf kan nie die verwoestende impak van 'n totale verbod op plaaslike wynverkope vir vier of ses maande oorleef nie."

Dlamini-Zuma sê die regering kan nie die verkoop van wyn of enige ander drank van die verbod vrystel nie omdat dit nie die nodige doeltreffende verligting op die gesondheidsorgstelsel gaan bied tydens ’n groot styging in Covid-19-gevalle nie.

Sy sê die verbod is bloot ’n korttermynmaatreël. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters