27 dae gelede
Drankhandelaars moan by regering oor verkope
Drankhandelaars koalisie pleit met die regering om nie drankverbod terug te bring nie  ~ Gallo iStock

’N VERENIGING van drankhandelaars het by die regering gepleit dat die verkoop van alkohol vir gebruik op ’n ander perseel steeds toegelaat moet word selfs al kom daar moontlik strenger inperkingsreëls.

In ’n verklaring Sondag het die koalisie van Suid-Afrikaanse drankhandelaars gesê hy steun die staat se inisiatiewe in die stryd teen Covid-19, maar beklemtoon dat enige besluit wat die alkoholbedryf raak, eers bespreek moet word.

Die koalisie pleit dat sy insette eers oorweeg moet word voordat enige besluite aan die publiek gekommunikeer word.

Lucky Ntimane, sameroeper, sê ’n algehele staking van alkoholverkope sal die einde van die tavern-mark beteken – en die verlies van 250 000 werkgeleenthede wat direk met die sektor verband hou.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het Suid-Afrikaners Woensdag in ’n verklaring gewaarsku dat die regering sy huidige beperkings sal moet hersien en verdere maatreëls moet oorweeg.

Hy het gewaarsku die virus versprei steeds eksponensieel, vinniger as die eerste golf.

Die drankhandelaars het bygevoeg dat die alkoholbedryf oor enige beperkings geraadpleeg moet word indien dit sou verander.

Ntimane sê ’n algehele verbod op alkoholverkope sal nie ’n kort- of langtermynoplossing wees om die nuwe vlaag Covid-19-besmettings te bestry nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters