3 maande gelede
Drank in oorvloed
nie nodig: Kerke in die Baai meen dis nie mooi dat mense na drankwinkels rush terwyl daar so ’n groot nood vir kos in die gemeenskap is nie. Foto’s: theo jeptha  ~ 

GODSDIENSLEIERS in die Baai het uitgevaar teenoor drinkers wat hulle gister drankwinkel toe gehaas en in lang rye gestaan het om hul hande op ’n bottel voggies te lê.

Eerw. John Gertze van die Metodistekerk in Uitenhage sê gister die way mense hulle na die drankwinkel gehaas het, was nie ’n wyse ding nie.

Dít terwyl daar soveel hongersnood is. Volgens hom soek so baie mense tydens die lockdown kos.

Afhanklik

Hy meen die staat moes meer wysheid gebruik het met betrekking tot die opening van drankwinkels.

Volgens Gertze moes meer mense eerder toegelaat geword het om terug te gaan werk toe. “Ek het nie die lang rye verwag nie. Baie mense is afhanklik van drank.”

Volgens hom gee die drinkers nou geld uit op iets wat net ’n dag gaan hou.

Hy sê hulle kon dié drank-geld eerder gebruik het om kos te koop of iemand met kos te help.

Volgens Gertze sê hy nie mense voor nie. Hy sê mense moet net ’n bietjie meer wys­heid gebruik.

“Die swaarkry-dae gaan nog kom.

“Om nou spandabel te wees met die bietjie wat jy het, is nie wys nie.”

Eerw. Denver Grauman van die Morawiese Kerk in New Brighton sê mense koop drank nou in bulk omdat hulle vrees die regulasies kan verander.

Hy sê die illegal trade het die mense verarm.

“Die reaksie (rush) is heel natuurlik, maar dis onaanvaarbaar. Aan die einde van die dag spreek dit van jou menswees en wat vir jou belangrik is.

“Jy sit jouself in gevaar om in ’n ry te staan vir iets wat nie noodsaaklik is nie.”

’n Baaise godsdiensleier wat verkies om anoniem te bly, sê mense was nie mentally voorberei vir die lange inperking nie.

Dit is hoekom hulle gister so na die drankwinkel gehol het.

“Dis onnodig. Hoekom so baie waarde aan drank heg?

“Party mense cope met alkohol.”

Volgens dié geestelike leier mag daar nie meer as 50 mense in ’n kerkdiens wees nie, maar in die rye voor die drankwinkel staan meer as 100 mense.

Hy wil weet wat die rasionaal daaragter is.

Volgens hom koop mense drank uit paniek, terwyl die Covid-19-getalle in die Oos-Kaap klim.

“Hulle is bang ons gaan terug na level 4 of 5 toe.”

Eerw. Nicolette Leonard van die Anglikaanse gemeente St. Mary Magdalene in West End sê die lockdown was lank wat drankverkope betref. Volgens die eerwaarde het sy nie ’n probleem met mense wat drank gebruik nie, maar sy glo matigheid moet voor oë gehou word.

Leonard sê mense het hulle nie voorberei vir die twee maande lange lockdown nie.

Hartseer

Sy meen dit is nietemin onnodig dat mense so na die drankwinkel rush, want die winkels gaan nie toemaak nie.

“Hulle worry omdat hulle nie weet hoe lank die stock gaan hou nie.

“Hulle kry baie vir indien ons teruggaan level 5 toe.”

Sy sê dit gaan hartseer wees as arm mense hul laaste bietjie geld uitgee op drank en dan ly die kinders honger en die oumense word abuse.

Volgens haar gaan daar nou teruggekeer word na domestic violence.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters