13 dae gelede
Dopverbod bly vir eers
SWOEG: Premier Alan Winde waarsku teen selfvoldaan raak.  ~ Foto Verskaf

KAPENAARS sal vir eers dors moet bly.

Ten spyte van die feit dat die Wes-Kaapse Covid-19-syfers begin bestendig word, gaan die ban op alkoholverkope vir eers bly.

Gauteng is tans die episentrum van die pandemie. Dis ’n titel wat die Wes-Kaap maande lank gedra het.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Woensdag gesê alles dui daarop dat die syfers betreffende infeksies en sterfgevalle afneem.

Winde het egter teen oorgerustheid gewaarsku.

Hy meen daar moet nog hard gewerk word om die getalle laag te hou. Sy regering gaan volgende maand nog gesondheidsmaatreëls toepas om seker te maak dit gebeur.

Toegewings

Intussen het die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die inhoud van die president se mees onlangse speech benadruk. Sy het gesê die alkoholverbod sal bly totdat die land se syfers daal.

Kubayi-Ngubane het wel sekere toegewings vir die toerismebedryf aangekondig.

Die curfew sal vanaf 21:00 na 22:00 geskuif word om restaurante meer tyd te gee om aandete te bedien.

Die uitvoerende burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het alle Kapenaars bedank wat daartoe bygedra dat die syfers afneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters