Verlede jaar
Doen wat dit kos
DANKBAAR: Bahiya Frit (40) sê Joanie Fredericks gee vir almal in die gemeenskap om.  ~ Jonathan Lestrade

“ONS gee nie net kos uit nie. Saam met dit bou ons verhoudings met die gemeenskap.”

Só sê Joanie Fredericks, ’n aktivis en gemeenskapsleier van Mitchells Plain wat daagliks sowat 500 mense in haar gemeenskap voed.

Sy sê sy weet van mense wat in die hospitaal beland – nie oor hulle siek is nie, maar oor hulle honger is.

Fredericks sê: “Om honger te ly is nie ’n grap nie. En mense hier is rêrig honger.

“En ek het ’n boodskap vir dié wat op hul trone sit en hoogmoedig vra hoekom die mense dan nie hul alie lig en gaan werk soek nie.

“Daar ís eenvoudig nie werk nie!”

Fredericks sê sy weet van baie mense wat werk gehad het wat nou in die ry moet kom staan.

“Dis ’n painful experience vir iemand wat jare vir hul gesin gewerk het om sy trots in sy sak te druk en in so ’n ry te kom staan,” sê sy.

Laas week het Son berig oor die liedjie wat die komediant Marc Lottering oor die lyding geskryf het.

Die wenner van The Voice SA Craig Lucas sing dié song, “What about the People?”.

GESKENK: Lunga Schoeman, CSI-bestuurder vir die Shoprite-groep, en Joanie Fredericks. Foto: Jonathan Lestrade

In ’n vier minute lange musiekvideo op YouTube word beelde gewys van hoe mense suffer. Fredericks het met Lottering en Lucas saamgewerk om dié boodskap uit te kry.

Dit het die aandag van Shoprite getrek en ’n paar dae gelede het die groot kleinhandelaar met Fredericks hande gevat.

Die retailer het sy food truck uitgestuur en ’n groot pot sop aan Fredericks geskenk om met die nagenoeg 500 inwoners te deel.

Lunga Schoeman, die CSI-bestuurder vir die Shoprite-groep, het ook ’n shopping voucher vir R2 000 aan Fredericks oorhandig om te help om mense te voed.

“Dis ’n nuwe partnership en ons is dankbaar,” sê Fredericks.

Sy sê hulle het gedoen wat die gemeenskap die nodigste het.

Fredericks sê sy is moeg van mense se snide remarks in die sosiale media.

“Ek ken die mense se geskiedenisse. Sommige is stout, maar ek kan nie daai gebruik om kos van hulle te weerhou nie.

“Ek is nie die judge en die jury nie. Ons moet mekaar aanmoedig, nie afbreek nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters