12 dae gelede
Dlamini-Zuma 'wil verbod verleng'
Cooperative Governance Minister Nkosazana Dlamini-
Nkosazana Dlamini-Zuma  ~ Argief

DIE verbod op drank- en tabakverkope kan nog tot vlak-1 in werking bly.

Dit is nou as Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, haar sin kry.

Luidens News24 se berig het Dlamini-Zuma tydens 'n vergadering aan die nasionale bevelsraad gesê dit gaan te veel van 'n gesondheidsrisiko wees om vanaf 1 Junie die verkoop van sigarette en drank toe te laat.

Die land sal na verwagting van volgende maand na vlak-3 skuif.

Dlamini-Zuma se pogings om die verbod te verleng kom ná 'n ooreenkoms dat die regering die verbod op tabakverkope onder vlak-3 sal lig.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association het die regering hof toe gesleep oor hul besluit. Die presidensie en Dlamini-Zuma het kans tot volgende Dinsdag om redes te verskaf vir die besluit wat tot die verbod gelei het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters