27 dae gelede
Dís mos die regte way
SUKSES: Nog ’n besending maskers is gereed om uit te gaan.  ~ Melinda Stuurman

WERKERS by ’n klere­fabriek maak daagliks duisende maskers om ’n inkomste tydens die lockdown te verseker.

Luidens ’n persverklaring deur die Southern African Clothing and Textile Work­ers’ Union het die betrokke fabrieke onlangs die 4 miljoen-merk bereik vir voltooide maskers.

Een van die fabrieke is K-Way in Ottery. Dié vervaardig elke dag 40 000 maskers.

Bobby Fairlamb, direkteur van produksie, vertel hulle het op 6 April heropen nadat hulle weens die lockdown in Maart gesluit het.

Fairlamb sê die fabriek het heropen net om maskers te maak, maar noudat die regulasies vir vlak 4 van die lockdown van krag is, maak hulle ook winter­klere.

Hulle het tot dusver sowat 350 000 maskers vervaardig, met die goedkoopste teen minder as R20 elk as dit in grootmaat gekoop word.

Tydens vlak 5 was daar 60 werkers wat net maskers vervaardig het.

Nou is daar 210 werkers by die fabriek. Fairlamb voeg by: “Daar is 150 mense wat uitsluitlik maskers vervaardig, terwyl die oorblywende 60 mense winter­klere maak.

“Ons werk tans ingevolge die regulasie met 75% van ons workforce.

“Daar is nog diegene wat by die huis sit. Maar almal het sedert die begin van die lockdown hul volle pay ontvang.”

Die produksiebestuurder, Beverley Williams, sê die moraal onder die werkers is hoog.

BEDRYWIG: Die vloer waar die maskers en klere vervaardig word.

Williams verduidelik: “Ons het tydens vlak 5 betaal vir vervoer wat die werkers by hul huis gehaal en weer daar besorg het.

“Ons het hulle ook ’n kostoelae gegee.”

’n Werker, Yaseerah Nelson, sê toe die lockdown aangekondig is, was sy bekommerd oor waar sy geld sou kry.

“Maar ek was baie excited toe hulle my bel dat ek kan kom werk. Ek wíl werk. ’n Mens wil mos werk om jou inkomste verdien.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters