Verlede maand
Diewe soek dop, vis en doeke
RYE: So het mense die dag voor die lockdown gequeue om drank te koop voordat die droë 21 dae aanbreek.  ~ Jonathan Lestrade

DOPDIEWE het met amper R10 000 se booze weggekom. Die diewe het tydens die landwye lockdown by Bob’s Bar in Kaapstad ingebreek.

Mo Hendricks, bestuurder van veiligheid en sekuriteit in die Stad Kaapstad se Sentrale Stadsverbeteringsdistrik (CCID), sê 16 verdagtes is sedert die lockdown in Kaapstad se middestad vir inbrake gearresteer.

Die diewe het na verneem word by geslote besighede ingebreek.

Van die besighede is Bob’s Bar, Harringtons, Revelas Fisheries asook Liny’s Baby Shop.

Volgens Hendricks is daar in verskeie dele van die middestad ingebreek.

Die grootste klomp arrestasies is Sondag uitgevoer toe sewe verdagtes gevang is.

Huisbraak

Hulle was besig om by Liny’s Baby Shop op die hoek van Plein- en Strandstraat, naby die Kaapse hooftreinstasie, in te breek.

Nog drie verdagtes is ook Sondag gearresteer nadat hulle by Revelas Fisheries in Langstraat ingebreek het.

Nog twee verdagtes is ook vir ’n huisbraak op die hoek van Buitengracht en Waalstraat gevang.

Volgens Hendricks het ’n sekuriteitswag Saterdag agterdogtig geraak toe hy drie verdagtes in die gangetjie langs Bob’s Bar in Constitutionstraat opgemerk het.

Die verdagtes het na verneem word probeer vlug deur oor ’n staaldeur te spring.

Die sekuriteitswag het twee van die verdagtes gevang en nog een was in die gebou.

Die polisie en die eienaar van die besigheid is ingelig.

By nadere ondersoek is agtergekom dat R9 000 se drank gesteel is.

Die cops kon die derde verdagte nie opspoor nie. Hy word nog gesoek.

Patrolleer

Volgens Hendricks sal hulle nie misdaad-aktiwiteite in die middestad gedurende die lockdown duld nie.

Daar is tans 300 sekuriteitswagte wat in die middestad patrolleer en op die uitkyk is vir diewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters