2 maande gelede
Dagsorg vir spesiale kids vra hulp
Steun Nodig: Joyce Anderson en vader Ivanhoe Allies, voorsitter van die raad, by die sentrum.  ~ Astrid Februarie

WERKENDE ouers sal iemand moet kry om na hulle kinders met special needs te kyk tydens die lockdown-periode.

Só sê Joyce Anderson, bestuurder van die Emmanuel Daycare Centre in Atlantis.

“Daar is ’n negatiewe aspek aan die sluiting vir die meeste van ons kinders, maar ons moet die gesondheidsrisiko ook in gedagte hou,” sê sy.

Son het voorheen berig daar is 72 kinders by die sentrum en die uitgawes is groot.

Anderson het vroeër aan Son gesê hulle kry hulp, maar die running costs bly hoog. “Ons betaal self vir die krag, water en petrol. Dit kos baie.”

Nou met die lockdown sal die fasiliteit gesluit wees. Dit beteken ouers sal meer geld moet uithaal om hulle kinders by die huis te versorg.

“Ons kan ook nie waarborg dat die kinders gevoed word met die voedsame kos wat hulle in dagsorg ontvang nie, veral dié wat uit baie arm huise kom,” sê sy.

Anderson sê met die lockdown sal toegang tot die sentrum baie moeilik wees vir die gemeenskap. “Ons kry ook hulp van buite in die vorm van kontant, kos, skoonmaakmiddels en ander skenkings, maar dit sal nou stop.

Geraak

“Die ouers sal ook nie skoolgeld betaal nie en dit sal ons op die back foot sit,” sê sy.

As jy kan help, bel Anderson by 072 632 4737.

  • Intussen is die Bonteheuwel Disabled Group ook geraak deur die lockdown en sal ook moet sluit. Dis ’n dagsorgprogram vir inwoners wat met gestremdhede leef en spesiale behoeftes het.

David Pillay, projekbestuurder, sê hulle is tot verdere kennisgewing gesluit. “Die lockdown raak ons beslis.

“Ouers en caregivers wat nog moet gaan werk, het nou niemand wat na hulle geliefdes kan omsien nie.

“Ons sal egter in kontak bly via ons Facebook-blad en WhatsApp-groepe,” sê Pillay.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters