18 dae gelede
Cyrl praat nou eers Maandag
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Felix Dlangamandla  ~ Foto: Felix Dlangamandla

PRES. CYRIL RAMAPHOSA het nie soos verwag die land Sondagaand toegespreek nie.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, sê: "Die president vergader tans nog met die nasionale beheerraad, van wie hy die nodige advies kry."

Volgens Mthembu is dit onduidelik hoelank die besprekings nog kan neem, maar dit mag dalk laat klaar maak wat dit onregverdig sal maak om die land toe te spreek aangesien baie dalk sal slaap."

Ramaphosa het 'n besige Sondag gehad.

Hy het vanoggend met talle sake-lui vergader en kort daarna met leiers van politieke partye, wie nie vroeër die week se vergadering in Kaapstad kon bywoon nie.

Ramaphosa het verlede Sondagaand die land as rampgebied verklaar en sedertdien is verskeie regulasies ingestel.

Vandag se beheerraad vergadering was om te kyk na die implementering van die #Covid19-opdragte en ook ekoniemiese verligtingsmaatreëls om die impak van die pandemie in die land te verlig.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters