Verlede maand
Cyril praat moed in
President Cyril Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

DAAR is lig aan die einde van die Covid-19-tonnel en dis nie 'n aankomende trein nie.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Woensdagaand tydens sy virtuele imbizo die publiek probeer moed inpraat.

Ramaphosa het kennis geneem van die vinnige styging in infeksies en sê die regering se wetenskaplikes het daaroor gewaarsku.

"Die werklikheid is dat ons nie verewig onder lockdown kon bly nie. Mense moet geld kan verdien," het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook genoem dat die onlangs werkloosheidsyfer 'n groot bron van kommer is.

Hy sê die gesondheidsfasiliteite is onder baie druk, maar dat baie ook reeds herstel het van die virus.

Hy verstaan dat baie mense besorg oor die toekoms is en mag selfs banger daarvoor wees as vir die corona-virus. 

"Selfs al neem ons probleme toe, kan ons die pad van herstel van ons ekonomie en samelewing sien."

Volgens Ramaphosa is daar reeds planne om die ekonomie te herbou. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters