6 dae gelede
Covid stel liggiefees af
Kaapstad se liggies is Sondagaand aangeskakel.  ~ 

DAAR sal vanjaar geen liggiefees wees nie.

JP Smith, maycolid vir veiligheid en sekuriteit, sê sowat 100 000 mense woon jaarliks die fees by, wat die begin van die feesseisoen aandui.

"Met die Covid-19-pandemie en beperkings op aantal persone wat openbare byeenkomste mag bywoon is dit belangrik om die fees vir almal se veiligheid te pause.

"Ons is bewus van die teleurstelling wat daar sal wees oor die besluit maar daar is goeie nuus ook."

Die stad oorweeg dit om 'n aantal kleiner events te hou as deel van die Kaapstad sakekern-herlewingsprogram.

Smith sê die eerste hiervan vind hierdie week by Greenmarket Square plaas.

"Die events sal volgens lockdown regulasies gereel word, met al die nodige gesondheid- en- veiligheidsprotokol in plek.

"Ons gesels ook tans met talle ander event organisers om hul events na die CBD te bring."

Volgens Smith glo die Stad Kaapstad dat events 'n sentrale rol sal speel in die herlewing van die ekonomie.

"Events het oor die jare 'n groot rol gespeel in die groei van sektore soos gasvryheid, kleinhandel en toerisme.

"Daar was die afgelope paar maande weens lockdown 'n afname en selfs werksverliese in die events bedryf. As stad het ons 'n rol om te speel deur die verdere afname te keer, deur event organisers sover moontlik te ondersteun."

Smith sê dit is belangrik vir die duisende mense wie afhanklik is van die bedryf.

'n Lys van die datums en venues van events oor die feesseisoen sal later deur die stad gekommunikeer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters