17 dae gelede
Christen, vriendin brou om te oorleef
MAAK 'N PLAN: Werklose vroue stook bier om kos op die tafel te sit.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – Twee vroue wat hul job by ’n restaurant verloor het, maak nou hul eie booze.

Die 45-jarige vrou en ’n 37-jarige vriendin is van die township KwaNokuthula naby Knysna.

Albei het twee maande gelede hul job verloor.

Hulle maak nou by die huis bier en verkoop dit aan die publiek om hul kinders te kan versorg.

Weens die corona-virus-pandemie is die verbod op die verkoop van alkohol onlangs weer ingestel.

In die township staan die tuisgemaakte bier as “mbamba” bekend en mense drink dit omdat ander bier so duur is.

Dit word gemaak van pynappels, gis, oats en brood wat in lou water gesit word. Dit gis twee dae lank en kos R10/F.

Hulle het selfs al gereelde customers. Een van dié sê hy wil nie al sy geld op duur alkohol spandeer nie.

“Net ’n week gelede was ’n bier R15 ’n bottel. Nou wissel dit tussen R40 en R45. Dis malligheid.”

Die ouer vrou sê nadat sy haar werk verloor het, het sy baie gestres. Nou kan sy haar kinders kos gee.

“Ek het my werk by die restaurant verloor en om ’n ander job te kry, is moeilik. Ek het in die verlede ook oortyd gewerk.”

Geloof

Sy sê hulle verkoop nou maar “mbamba”, dan kan sy kos, elektrisiteit en ander benodigdhede koop.

“Ek maak seker niemand sit hier en drink nie en ek gehoorsaam steeds die lockdown-regulasies.”

Die vriendin sê sy het nooit gedink sy sal bier brou nie. “Ek is ’n Christen en dit is teen my geloof, maar ek moet iets doen om teen die honger te veg.

“Ek brou bier, want ek het geld nodig. My man werk nie. Dis vir my die enigste manier. Baie mense kan nie ander bier bekostig nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters