4 maande gelede
Cele sal drank shutdown
cocktail? Die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, lyk soos bartenders terwyl hulle ontslae raak van die dop.Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

BHEKI CELE is van mening dat die verbod op alkohol na die lockdown-tydperk in die land kan voortduur.

Die minister van polisie het die uitlating gemaak toe hy ook die publiek gewaarsku het om nie valse videos te versprei nie.

Cele het oor die naweek genoem dat daar 'n aansienlike afname in die aantal geweldsmisdade was, wat sedert die lockdown op Vrydag 27 Maart begin het, aangemeld is.

Verder glo die minister dat die gebruik van alkohol 'n klein stap in die regte rigting is.

Hy het ook genoem dat dit een van die regulasies is wat hy sou wil hê moet in plek bly, selfs na die lockdown tydperk.

"Eerste prys vir my is dat ons alkohol moet shut down, maar ek weet ook ons kan nie.

"Daar is niks wat vir my sê dat die gebruik van alkohol die lewe makliker maak nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters