29 dae gelede
Cele gooi sy gewig rond
CELE
Thumbs up: Die strand­gangers op die Mnandi-strand kry gisteroggend die polisie­minister, Bheki Cele, se approval om voort te gaan.  ~ Anele Mfazwe

GEEN versoening op Versoeningsdag nie.

Die polisieminister, Bheki Cele, en die Kaapse mayco-lid belas met veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het gister op versoeningsdag koppe gestamp.

Cele het gister nege strande in die Kaap besoek om te verseker dat die streng lockdown-regulasies op die strande op Versoeningsdag gevolg word.

Die beaches waar hy rondgeloop het, is Big Bay, Clifton, Muizenberg, Kampsbaai, Monwabisi, Mnandi, Strandfontein, Macassar en die Strand.

Cele was redelik tevrede met wat hy in die oggendure op die Kampsbaai-strand gesien het.

Hy was egter nie beïndruk nie toe hy ’n verhoog by die menseredders se shelter gesien het nie.

“Waarvoor is dié stage?” wou hy weet.

“Geen sosiale bymekaarkoms soos konserte word onder die huidige regulasies toegelaat nie, net strandgangers se aktiwiteite.”

Hy is meegedeel dat die verhoog daar was vir ’n advertensie-video shoot waarvoor ’n sekere adverteerder ’n permit by die Stad Kaapstad gekry het.

Cele het onmiddellik sy generaals wat saam met hom was, opdrag gegee om die video shoot stop te sit.

JP Smith van die Stad Kaapstad en sy kollega verantwoordelik vir gemeenskapsdienste, dr. Zahid Badroodien, was ook op die toneel.

Cele vra toe vir Smith om te please­ explain hoe die adverteerder die permit gekry het.

Smith het verduidelik dis deel van die Stad se pogings om werksgeleenthede te herstel.

“Hierdie video shoot ten bedrae van sowat R1,5 miljoen skep 75 jobs waarvoor ons desperaat is,” het Smith verduidelik.

Opdrag

“Wie gee julle die reg om die nasionale regulasies en die president se opdragte te verontagsaam!?” wou Cele weet.

Cele het toe aan een van sy handlangers opdrag gegee om die filmstel stop te sit.

Volgens Smith het genl.maj. Mpumelelo Manci toe 16 cops op die toneel ontplooi om te verseker dat geen verder aktiwiteite verwant aan die advertensie-shoot kon voortgaan nie.

Later het sowat 30 beamptes op die toneel opgedaag, vertel Smith.

Smith voeg by: “Ons kan egter nooit soveel beamptes sien wat die bende-besmette Kaapse Vlaktes se strate patrolleer nie.

“Volgende keer as die Vlakte en townships se mense wonder hoekom daar so min beamptes in hul areas is, moet hulle dalk dié opdrag in gedagte hou waar politieke punte gescore word.”

Cele kap egter terug met: “Dit kan nie reg wees dat inwoners die regulasies volg en ons as staatsbeamptes dit nie gehoorsaam nie.”

Cele het vroeër in Kampsbaai met die Jooste-gesin van Delft gesels.

Patricia Jooste (52) het gesê: “Dis ’n lekker dag om uit te kom en die dag as ’n familie saam te kan deurbring.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters