15 dae gelede
Buurtwag kan tydens curfew patrolleer
buurtwag
Foto ter illustrasie  ~ 

AFGESIEN van die gesondheidsorgwerkers, sekuriteitsbeamptes en media wie tydens die curfew tyd buite hul huise kan wees, kan geregistreerde buurtwaglede nou ook saans hul patrollies voortsit.

Volgens Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, kan geakkrediteerde buurtwag-groepe, met nuwe permitte, tydens die curfew tyd hul werk voortsit.

Met die regulasies wat op 29 Desember verander het, is die vorige permitte nie meer geldig nie.

Hy verduidelik dat dit belangrik is vir die buurtwag om in die curfewtyd patrollie-werk te doen. "Dit is die tye wanneer misdade soos rooftogte en inbrake plaasvind."

Fritz doen ook 'n beroep op buurtwaglede om alle nodige voorsorg te tref om hulself te beskerm. "Dit sluit in om praktiese stappe te neem, soos om seker te maak dat patrollie-voertuie nie meer as die voorgeskrewe aantal passasiers vervier nie.

"Maskers moet ook reg gedra word en almal moet steeds 'n veilige fisiese afstand handhaaf."

Son het intussen navrae gerig aan Fritz se kantoor om te verneem hoeveel geregistreerde buurtwag-groepe is daar in die provinsie. Daar was ten tye van publikasie nog nie op hierdie navraag reageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters