25 dae gelede
Bly by die huis of slaap in die selle
army,saps
Geforce: Die polisie en die weermag is weer ontplooi om seker te maak dat inwoners die regulasies van vlak 3 van die nasionale inperking gehoorsaam. Foto ter illustrasie: Peter Abrahams  ~ 

WANNEER die horlosie Vrydag die Nuwejaar aankondig, moet elkeen by sy eie huis wees.

As te ware moet alle Suid-Afrikaners vir die volgende twee weke elke dag om 21:00 tuis wees en kan hulle eers 06:00 weer op die pad is. Dit is ingevolge die nuwe regulasies wat Maandag aangekondig is om te help in die stryd teen die Covid-19 pandemie.

Die Suid-Afrikaanse weermag en die polisie se hulp word ook ingeroep om seker te maak dat al die nuwe regulasies gehoorsaam word.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag gesê dit is nie die polisie se werk om mense te remind om tussen 21:00 en 06:00 by die huis te wees nie. 

"As jy nie tydens die curfew tuis is, sal ons jou vir die aand 'n ander huis gee. Jy sal môreoggend vir die landdros ‘goeie more’ sê."

Die aanpassing van die curfew is een van vele regulasies wat verskerp is. Die nuwe regulasies is aangepas om die druk op gesondheidswerkers en in hospitale te verlig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid sê hy verwelkom die nuwe regulasies. 

Mkhize het veral die verbod teen alkoholverkope verwelkom. 

"Die syfers is real. Toe die verbod gelig is, het die hospitale die spit afgebyt. Die hoësorgeenhede word nou benodig vir Covid-19 pasiente. Drankmisbruik het die traumagevalle opgestoot. Met die Covid-19 gevalle wat nou aansienlik vinniger styg kan die privaat en staatshospitale nie meer die mas opkom nie."

Mkhize sê 7 800 nuwe gesondheidspersoneel is aangestel om te help met die aanvraag in hospitale. 

"Maar die probleem van oorvol hospitale kan nie in hospitale opgelos word nie. Net die inwoners se gedrag kan dit keer." 

Hy voeg by dat sy department het 80% se PPE-suits. "So daar is genoegsame voorraad vir diegene wat dit benodig."

Van die ander regulasies is dat kerkdienste en ander geloofsbyeenkomste ook nie vir die volgende twee weke toegelaat word nie.

Jy mag wel nog tussen provinsies reis en die land se grense is ook nog oop.

Gastehuise, BnB's en hotelle bly ook ook nog oop. Dieselfde reëls wat vir restaurante geld, sal in die publieke gedeeltes van die plekke geld. Dit sluit in dat daar nie meer as 50 mense in ’n eetplek moet wees nie en dat maskers net afgehaal mag word, wanneer mense eet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters