Verlede maand
Beperk lockdown tot 3 weke sê VF+
parlement ondersoek Grafika: sabcnews.com  ~ 

INDIEN die Vryheidsfront Plus se Pieter Groenewald sy sin kry sal Suid-Afrika heelonwaarskynlik weer 'n lockdown sien soos die een wat vir die corona-virus toegepas word.

Groenewald het 'n private lede wetsontwerp by die parlement ingehandig, wat die parlement in die toekoms meer mag sal gee vir toekomstige ramptoestande. 

Volgens sy wetsontwerp sal die parlement ook mag hê om reëls wat deur die uitvoerende gesag gemaak word te veto. Die parlement sal egter eers moet instem dat 'n ramptoestand nodig is.

Groenewald kort 60% van die parlement se ondersteuning vir sy wetsontwerp. 

Sou hy dit kry vir sy oorspronklike voorstel sal 'n ramptoestand vir slegs 21 dae geldig wees. 

Na dit sal die parlement moet stem om dit te verleng, en vir nie meer as drie maande nie. 

Om dit te verleng, na die eerste drie weke en drie maande, sal 60% van die nasionale vergadering moet instem en kleiner partye sal eerste hul mening kan opper.

Groenewald sê: "Die ramptoestand en regulasies het aansienlike gevolge gehad en 'n negatiewe impak op die lewens van elke landsburger.

"Landsburgers se basiese menseregte is beperk en sekere gedrag en dade verhoed. Die ekonomiese gevolge was rampspoedig en miljoene mense het hul werke verloor." - BusinessInsider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters