4 maande gelede
Begrafnisse steeds 'n bron van kommer
Cape Town - 20200601 - South African Minister of H
Minister van Gesondheid, dr Zweli Mkhize.  ~ Jeffrey Abrahams

ONDANKS lockdown regulasies wat slegs 50 persone by 'n begrafnis toelaat is daar steeds rouklaers wie nie die reël gehoorsaam nie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het sy kommer uitgespreek dat mense steeds in groot getalle hul laaste eer by 'n diens betoon.

Mkhize, wie gesondheidsentrums Maandag in KwaZulu-Natal besoek het, het 'n beroep aan geestelike en tradisionele leiers gemaak om 'n rol te speel en te verseker net 50 mense woon 'n begrafnis by.

"Begrafnisse bly steeds 'n bekommernis.

"Daar is steeds talle berigte van mense wie in groot getalle begrafnisse bywoon. Jy hoor dan ook die volgende week dat die persone ook die virus opgedoen het." 

Hy voeg by dat dit ok belangrik is dat mense nie aan die liggaam vat nie, of om die liggaam te was nie.

Volgens Mkhize is daar prosedures as jy die liggaam moet sien en dit moet gedoen word onder toesig van iemand wie opgelei is, om nie die virus te versprei nie.

SABCnuus berig intussen dat volgens die SA Funerals Homes, wie doodskiste aan begrafnisondernemers voorsien, kan hulle net nie by bly nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters