Verlede maand
Bedryf op dun ys ná wynverbod
Geen voordeel: ’n DA-LPP, Andricus van der Westhuizen, meen die huidige alkoholverbod benadeel transformasie in die wynbedryf.  ~ Netwerk24

DIE volskaalse verbod op die verkoop van alkohol druis in teen transformasie in die wynbedryf.

Só sê die Wes-Kaapse DA-woordvoerder oor landbou en omgewingsake, Andricus van der Westhuizen, nadat die aangepaste inperkings vir ’n verdere twee weke verleng is.

Van der Westhuizen meen die verbod gaaan die wyn- en landboubedryf verdere skade aandoen.

En dit kan ’n aansienlike impak op alkoholverwante besighede hê wat deur mense van kleur bestuur of besit word.

Onlangse navorsing deur Vinpro, ’n organisasie wat wynmakers verteenwoordig, het gewys 46 % van besighede in dié bedryf sal nie die lockdown oorleef nie.

Volgens Van der Westhuizen het pres. Cyril Ramaphosa verskeie kere belowe dat die regering planne het vir ’n meer inklusiewe bedryf ná Covid-19.

Dreig

Hy sê: “Dis hierdie optrede met ’n volskaalse alkoholverbod wat dreig om enige pogings van transformasie in dié bedryf tot stilstand te bring.

“Opkomende swart boere ontvang sowat 64 % van hul inkomste van local customers.

“As die regering nie backtrack en sy benadering aanpas nie, gaan baie entrepreneurs in dié bedryf ook binnekort sonder werk sit.”

Hy vra die nasionale regering om restaurante toe te laat om wyn te verkoop. Volgens Vinpro word 18 % tot 20 % van wyne in die land vir dining-doeleindes verkoop.

Van der Westhuizen vra ook dat wynplase toegelaat word om wine tastings te doen, want dit dra by tot local toerisme en ondersteun duisende mense wat vir werk daarvan afhanklik is.

Hy vra ook dat die regering die vervoer en aflewering van wyne deur veilige aanlyn middels sal toelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters