15 dae gelede
Bedorwe brokkies maak dat lagoon sluit
knysna lagoon
Die luukse bote op die Knysna lagoon. Foto: Verskaf  ~ 

'N PAAR bedorwe ryk brokkies op hul daddies se boot het gemaak dat die Knysna-strandmeer op oujaarsdag toe maak.

Foto's en videos is wyd versprei op sosiale media van die pepperduur ontspanningsbote wat op ou-Kersdag op die Knysna-riviermond, genaamd Under Milkwood, staan by wat lyk na 'n partytjie te wees - met geen social distancing nie.

News24 berig dat dis die daad wat gemaak het dat die lagoon vanaf 31 Desember vir alle wateraktiwiteite gesluit word.

Owen Govender, 'n senior parkwagter vir Kmysna SANFparkete, verduidelik: "Weens die onlangse gebeure by die riviermond, waar Covid-19 reëls oortree is, is weereens die behoefte bewys vir die strenger Covid-19 maatreëls."

Evelyn Pepler, een van die bootoperateurs, vertel: "Die kinders op hul daddy's se  bote is stout en het verdere skade gerig aan 'n alreeds kwesbare vakansiehandel.

Op sy beurt sê Knysna mayor, Ricky van Aswegan, dat weens die voorval was daar geen alternatief as om die riviermond te sluit nie.

"Die laaste ding wat ons wil sien gebeur is dat hierdie 'n rassaak word, maar benadeelde gemeenskappe is nie gelukkig met die wie die reëls breek nie en dit moet stop gesit word.

"Ek sal baie graag wil weet waarom is geen stappe geneem nie"

Intussen voeg Pepler by: "Die voorval laat Knysna sleg lyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters