11 dae gelede
Baaienaars koop klaar
VAT VIR JOU: Melvyn Rademeyer (regs) gee vir Willemiena Rhodes ’n sak suurlemoene voor sy vrugte en groente bederf raak.  ~ Theo Jeptha

BAAIENAARS het hierdie week na winkels afgesit om behoorlik op te stock vir die nasionale lockdown.

Hoewel daar ’n rush was, was die winkels eergister en gister nie so vol nie, maar voller as wat dit gewoonlik sal wees in die middel van die week.

Gister was daar skaars parkeerplek by sommige inkopiesentrums in die Baai soos mense gaan opstock het.

Ondersteun

Daar was ook aansienlik baie meer verkeer op die paaie.

Sonlanders het egter nie net opgestock met kosvoorraad nie, maar natuurlik ook met die voggies.

Die publiek het vrugte- en groentesmouse gaan ondersteun wat nou al ’n lang ruk nie in staat is om besigheid te doen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters